Nou kan ek weer die lig sien

Wat ‘n voorreg is dit nie om hierdie boodskap van hoop en liefde met mense te kan deel nie.

My en Goeie Hoop Sielkundige Diens se paaie het gekruis in Januarie 2022 toe ek vir hulp begin vra het.
Vanaf die eerste ontmoeting met J het ek so gemaklik en tuis gevoel – maskers en al.
die hele span is uiters professioneel en toon simpatie met enige een wat by hul deure inkom.

Einde Januarie/begin Februarie 2022 was ek vasgevang in ‘n diep, donker gat van depressie en angs.
Vir ‘n man in sy vroeë 30’s wat vinger alleen verhuis het vanaf Gauteng tydens die COVID-19 pandemie, het dinge net te veel begin raak.
Ek was op die rand van selfdood en het geen lig gesien nie, maar J het my uit daai diep, donkerte gekry.
Dit was ‘n moeilike pad, maar sy het volgehou en saam het ons dit gemaak.
Die weeklikse sessies by Goeie Hoop Sielkundige Diens het later die hoogte punt van my week geword.

Sy het my insig in my lewe gegee, my gehelp om my verhouding met my pa te verbeter, my laat besef ek is nie ‘n mislukking nie en dat die lewe baie beter is wanneer jy dit leef in vergelyking met wanneer jy nie hier is nie.
J het my ook die nodige kennis en hulpmiddels geleer oor hoe om my dwelm verslawing te oorwin.
Te danke aan haar en die span by Goeie Hoop Sielkundige Diens – in samewerking met ‘n ander organisasie – is ek trots om te sê dat ek by die 3 maande skoon is van dwelms.

My en J se paaie het op die donkerste oomblik van my lewe begin – ek het nooit gedink ek sou ooit weer die lig sien nie.
Nou kan ek weer die lig sien en vind waarde aan my lewe.
J het my lewe in 2022 gered – sy is deel van ‘n span engele wat hier vir ons geplaas is om weer hoop en liefde vir onsself te vind.

Mag Goeie Hoop Sielkundige Diens net van krag tot krag gaan

Vriendelike groete / Kind regards